Ons huidige volhoubare grondbestuur projekte

Sien hieronder inligting en video’s oor die volhoubare grondbestuur projekte wat ons alreeds meer
besig is. As jy ook ‘n goeie en unieke projek idee het, sien gerus die ondersteuning afdeling van hierdie
webblad vir meer inligting oor hoe om aansoek te doen vir ondersteuning.

Image
Projek 1: Papkuilsfontein bergfietsroetes
Op die plaas Papkuilsfontein, in Nieuwouville, het ons in 2019 ‘n volhoubare grondbestuur projek saam met die Van Wyk gesin begin. Hulle was reeds besig om toerisme te gebruik as ‘n alternatiewe inkomste, maar die toerisme seisoen was slegs winsgewend gedurende die blomseisoen en baie afhanklik van die blomme wat nie elke jaar opkom nie. Ons projek het ‘n nuwe toerisme komponent (bergfietsroetes) by hulle besigheid gevoeg, en in ruil het hulle ingestem om die plaas as ‘n beskermende gebied te verklaar. Kyk die video vir meer inligting oor die projek.
Projek 2: Loxton meentgrond
Hierdie projek is in samewerking met opkomende boere, wat op die meentgrond van Loxton boer. Die projek vereis die verdeling van kampe en die implimentering van verbeterded weidingstesels. Die boere verskaf die arbeid vir die oprig van nuwe heinings en pas nuwe volhoubare grondbestuur praktyke toe. Kyk die video vir meer inligting oor die projek.

Projek Deelnemers

Hierdie projek is moontlik gemaak deur / This project is supported by:

partners